Maties Verhuringskantoor

Oor

Die Verhuringskantoor spesialiseer in die verhuring van fasiliteite van SU vir enige gebruik. Die primêre besigheid van die Verhuringskantoor is om die optimale gebruik van fasiliteite tot voordeel van die US te verseker. Hulle fokus op die volgende verhurings:

  • Die verhuring van kommersiële ruimtes op alle kampusse. Die verhuring van gastewoonstelle
  • Die akkreditering van, privaat akkommodasie wat nie op die kampus is nie en die ontwikkeling van strategieë wat 'n volhoubare uitbreiding van geakkrediteerde akkommodasie moontlik maak; en
  • Die ontginning van advertensie- en promosiegeleenthede wat op kampus voorkom, insluitend neem van films en algemene bevorderingsaktiwiteite.

Die departement bestaan uit 3 sub-departemente:

  1. Kommersiële verhuring
    Hul primêre besigheid is die verhuring van kommersiële eiendomme op Stellenbosch en Tygerberg kampusse en die skepping van 'n veilige en skoon omgewing waar die kliënte (hoofsaaklik studente) hul inkopies kan doen en hul behoeftes kan bevredig, sonder om na ander winkelsentrums in die dorp te gaan.
     
  2. Residensiële verhuring
    2.1) Om veilige en bekostigbare private studente akkommodasie te verseker en te akkrediteer vir studente wat nie in die US Koshuise geplaas word nie.
    2.2) Om die verblyfaanbieding vir besoekers aan Stellenbosch te bestuur deur die verhuur van ons gastewoonstelle as gaste akkommodasie.
    2.3) Die verhuring van sentrale US studente residensiële fasiliteite aan eksterne gebruikers gedurende die beskikbare tydgleuwe.
     
  3. Promosies
    Hul primêre besigheid is die fasilitering van bevorderings van ad hoc gebruik van US-fasiliteite deur die fasilitering van promosie-aktiwiteite vir studente; verfilmings op kampus; verhuring van funksie sale en bestuur van advertering inisiatiewe by SU.

Kontak Ons

Page: 1 of 1
2020 © UX Design & Development by NetMechanic