Botaniese Tuine

Oor

Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin is 'n strategiese bate van die Universiteit wat in 1902 gestig is en sedert 1921 vanaf sy huidige perseel op ongeveer 2 hektaar grond bedryf word. In elke opsig is die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin een van die voorste tuine van sy soort in Afrika en huisves enkele van die mees unieke versamelings ter wêreld.

Dit is die enigste plek in die wêreld waar sommige spesies nog gevind kan word. Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin is ook die enigste tuin in Afrika om sy versamelings aanlyn met “Garden Explorer” te publiseer. Daar is byvoorbeeld sowat 30 spesies wat nuut is vir die wetenskap en steeds in die proses om gedefinieer te word. Terselfdertyd skep dit 'n goeie buitelugomgewing vir ontspanning, onderrig en leer.

Kontak Ons

Page: 1 of 1
2020 © UX Design & Development by NetMechanic